Gewonde oud-premier van Pakistan sê hy gaan terug strate toe

Pakistan se voormalige eerste minister, Imran Khan, het besonderhede oor sy wonde bekend gemaak nadat hy geskiet is tydens ‘n saamtrek vir ‘n toespraak aan Pakistani’s. Khan sê hy is Donderdag tydens ‘n betoging vier keer geskiet, met twee koeëls wat elk van sy bene getref het. Die oud-krieketster se linker-tibia is gebreek. Internasionale media berig dokters het vier koeël-fragmente verwyder. Die verdagte is deur die polisie in hegtenis geneem. Khan sê sodra hy herstel het, sal hy weer uitgaan in die strate.