Walvisbaai hou een amptelike vuurwerkvertoning op Oujaarsnag

Inwoners en besoekers van Walvisbaai word gewaarsku dat geen vuurwerke sonder goedkeuring in die hawedorp geskiet mag word. Die munisipaliteit sê daar is net een amptelike beplande vuurwerkvertoning vir Oujaarsnag beplan om 2023 in te lui. Dit sal net voor middernag op 31 Desember begin en vir tien minute naby Onafhanklikheidstrand plaasvind. Die vuurwerkvertoning is in konsultasie met die DBV, die Namibiese polisie en die brandweer beplan en goedgekeur.