VSA maak groot beloftes aan Namibië, Afrika-unie

Die VSA-Afrika-leiersberaad wat deur President Hage Geingob in Washington DC bygewoon is, behels verbintenisse en beloftes van 55 miljard Amerikaanse dollar om handel en belegging in Afrika te finansier. Amerikaanse President Joe Biden sê sy administrasie beplan om die Afrika-vasteland te help om uitdagings van voedsel-onsekerheid, ongelykheid, armoede en klimaatsverandering te hanteer. Hy sê die VSA sal voortgaan om saam met die Afrika-unie te werk om die Omvattende Afrika Landbou-ontwikkelingsprogram te bevorder. Die program behels die visie vir Afrika se voedselsekuriteit en klimaatbestande toekoms. Biden het ook sy steun bevestig dat die Afrika-unie as ‘n permanente lid by die G20 aansluit.