Pentagon kry steeds geen bewyse oor wesens uit buitenste ruimte

Die Pentagon se nuwe veldtog om aanmeldings van VVV’s te ondersoek het tot dusver nie enige bewyse opgelewer wat toon dat wesens uit die buitenste ruimte die aarde besoek het of hier neergestort het nie. Senior Amerikaanse weermagleiers sê hulle pogings om on-uitgekende voorwerpe te ondersoek, het gelei tot honderde nuwe aanmeldings. Die direkteur van die Amerikaanse ondersoek-kantoor, Sean Kirkpatrick, sluit nie die moontlikheid van lewe in die buitenste ruimte uit nie. Hy sê hy volg egter ‘n wetenskaplike benadering tot die navorsing.