Walvisbaai en Franse hawe sluit ooreenkoms

Rench Hauts-de-France, die mees noordelike streek van Frankryk, het ‘n vennootskap met die Namibiese Hawens-owerheid, NamPort, aangegaan om die vestiging van ‘n land-see-korridor te bewerkstellig wat daarop gemik is om die twee hawens te verbind vir wedersydse ekonomiese voordele. Die beoogde korridor is daarop gemik om die twee lande se Walvisbaai- en Dunkerque-hawens te verbind in ‘n poging om handel en logistieke deurgang tussen Namibië en Frankryk te bevorder. François Decoster, vise-president van die streek, het tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob, gesê beide kusdorpe poog om oorlaaihawens te word wat die potensiaal sal hê om beide Namibië en Frankryk se buurlande te bedien, veral landgeslote state. Decoster sê die vennootskap poog verder om samewerking oor die kundigheid en transformasie van die visbedryf te versterk, en sê Frankryk het een van die beste volhoubare en hernubare vissery-sektore in Europa.