Groot taak vir die Eagles vandag

Die Eagles kan vandag hulle plek bespreek in die hooftrekking van die T20- Wêreldbekertoernooi in Australië. Die span speel vanoggend om tien-uur plaaslike tyd teen die Verenigde Arabiese Emirate in hul laaste Groep A-wedstryd in Geelong ná gemengde uitslae in hul eerste twee ontmoetings. Die span het die voormalige kampioen, Sri Lanka, geklop voordat hulle teen Nederland verloor het. Die Eagles is tans in die tweede plek op die groep se punteleer, met slegs die twee voorste spanne in elke groep wat deurdring na die Super 12’s. In vandag se vroeëre wedstryd speel die Nederlanders teen Sri Lanka.