Nóg Namibise sekuriteitswagte dreig om te staak

Nóg Namibiese sekuriteitswagte dreig om te staak weens lae besondiging. Die Namibia Security Guard and Watchmen’s Union het gedreig dat sy lede later vandeesmaand met ‘n staking sal begin. Hulle sê dit sal bepaal word deur of die maatskappy, Eagle Night Watch Security, wat glo versuim om op eise van onbillike arbeidspraktyke te reageer. In ‘n verklaring beweer die unie onbillike arbeidspraktyke, intimidasie, verlengde proeftydperke en nie-nakoming van minimum lone by die Windhoek-tak. Voorvalle van intimidasie van veiligheidswagte is aangemeld. Baie sekuriteitswagte kla dat hulle dienskontrakte onderteken wat vir ‘n proeftydperk van drie tot ses maande duur, maar sodra dié tydperk voltooi is, kry die maatskappy bloot nuwe werknemers.