Walvis se toerisme-adviesraad uitstekende inisiatief

Die vestiging van ‘n toerisme-adviesraad vir die Walvisbaai Toerisme-forum sal die forum in staat stel om bande tussen die bedryf en die Walvisbaaise munisipaliteit te versterk. Die toerisme-forum wat in 2019 gestig is, is daarop gemik om die dorp se toerisme-status aan plaaslike en buitelandse toeriste te verhoog. Die huidige voorsitter van die Walvisbaai Toerismeforum, Carlo van der Merwe, sê die primêre rol vir hierdie adviesraad is om die skakel tussen sakelui en die munisipaliteit te word en ook om beter maniere te vind om die dorp as ‘n top-toeristebestemming te vestig. Hy sê daar is begrip dat Walvisbaai ‘n nywerheidsdorp is, maar daar is talle toeriste-trekpleister in Walvisbaai, soos Sandwich Harbour, kajak-toere en bootvaarte en die strandmeer vir voëlkyk.