Menseregtekommissie ondersoek Jagersfontein-ramp

ActionSA sê hy het ‘n geskrewe bevestiging van die Menseregtekommissie ontvang dat hulle die myndam-tragedie in Jagersfontein in die Vrystaat gaan ondersoek. Dit volg nadat die party verlede maand klagtes aanhangig gemaak het teen die Departement van Minerale Bronne en Energie, die Kopanong plaaslike munisipaliteit en Jagersfontein Developments. ActionSA se woordvoerder, Patricia Kopane, sê mynkenners in die betrokke gemeenskappe waarsku reeds ‘n geruime tyd teen mynmaatskappye se blatante verontagsaming van omgewingswette: