Walvis getalle in Argentinië floreer weer

Reuse blougrys sei-walvisse wat ‘n eeu gelede van Argentinië se Patagoniese kus verdwyn het weens jagbedrywighede, begin weer floreer.In die 1920’s en 1930’s het gereelde walvisjagskepe langs die kus van Argentinië, en verder, die bevolking laat afneem. In die afgelope 50 jaar het wêreldwye verbod op kommersiële walvisjag gehelp om bevolkings te laat herleef en dit is net weereens ‘n bewys dat spesies kan herstel wanneer maatreëls om hulle te beskerm ingestel word. Die walvisse broei elke 2 of 3 jaar en dit het dus amper 100 jaar geneem vir die getalle om weer op te tel tot so mate dat mens hul weer gewaar.