Walvis-aktivis loof Kapofi se leierskap

‘n Baie seldsame en noemenswaardige gebaar is in die Namibiese politieke arena waargeneem. Die Swapo-party het die naweek sy sentrale komitee-vergadering gehou om die top-vier vir die vise-presidentskap aan te kondig. Die minister van verdediging Frans Kapofi, is as een van die kandidate vir die posisie van party se vise-president gekies. Knowledge Ipinge, ‘n aktivis en ‘n voormalige kiesafdelings-raadslid wat onafhanklik gestaan het, loof Kapofi vir sy leierskap. Ipinge sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê dit is goeie sportmanskap in die politieke arena.