Moderne slawerny floreer

Daar word beraam dat 50 miljoen mense wêreldwyd in moderne slawerny vasgevang is. Dit is volgens ‘n verslag wat die Internasionale Arbeidsorganisasie, die Internasionale Organisasie vir Migrasie en die groep teen mensehandel, Walk Free, uitgegee het. Agt-en-twintig-miljoen verrig gedwonge arbeid en 22 miljoen is in gedwonge huwelike vasgevang. Sowat 86-persent van die gevalle van dwangarbeid kom in die privaat sektor voor in sektore soos vervaardiging, die boubedryf, landbou en huiswerk.