Walus vrygelaat op parool

Die Suid-Afrikaanse ministerie van justisie en korrektiewe dienste het Janusz Walus, na 29 jaar, op parool vrygelaat. Luidens ‘n verklaring is hy vandag uit die hospitaal ontslaan na hy met ‘n skerp voorwerp verlede week gesteek is. Daar is streng voorwaardes aan sy parool gekoppel en hy sal vir die volgende twee jaar onder die gemeenskap-korrektiewe stelsel moet uitdien. Walus doen reeds jare aansoek vir parool nadat hy in 1993 die SAKP-leier Chris Hani doodgeskiet het. Die buurland se Konstitusionele Hof het op 21 November gelas dat hy vrygelaat moet word.