Walus se parool is geldig – Konstitusionele Hof

Die Konstitusionele Hof het eenparig Limpho Hani en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty se aansoek verwerp dat Janusz Walus se vrylating op parool heroorweeg moet word. Die SAKP en Hani het die hof gevra om te verklaar sy oorspronklike beslissing was basies verkeerd en het nie die aansoekers se voorleggings ten volle evalueer, ontleed of ondersoek nie. Die hof het beslis die aansoekers het nie daarin geslaag om hom te oortuig dat heroorweging geregverdig is nie. Walus, wat Chris Hani vermoor het, is Woensdag op parool vrygelaat onder voorwaarde dat hy twee jaar onder korrektiewe toesig deurbring.