Time se besluit oor Zelensky is Russofobies

Russiese President Vladimir Putin se woordvoerder kla dat die tydskrif Time se besluit om President Volodymyr Zelensky as Persoon van die Jaar te benoem, “Russofobies” is. Dmitri Peskov het met verslaggewers gepraat en beweer dat die toekenning bewys is van ‘n anti-Russiese Westerse mediastelsel. Volgens Peskov bly die tydskrif se redaksionele voorskrifte binne die grense van die pan-Europese hoofstroom, wat totaal kortsigtig, anti-Russies en hewig Russofobies is. Time het Dinsdag die toekenning aangekondig en nie net Zelensky nie, maar ook “die gees van die Oekraïne” as sy persoon van die jaar aangewys.