Waluś sal na 2 jaar na Pole gedeporteer word

Chris Hani se moordenaar sal vir twee jaar gemeenskapsdiens in Suid-Afrika uitdien voordat hy na Pole gedeporteer word. Die 69-jarige Janusz Waluś, wat in Pole gebore is, is gister op parool vrygelaat nadat hy meer as 28-jaar uitgedien het vir die moord op die leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in April 1993. Korrektiewe Dienste sê die tydperk wat Waluś gemeenskapsdiens sal doen is in ooreenstemming met die paroolstelsel waarvolgens hy vrygelaat is nadat die Konstitusionele Hof beveel het hy moet op parool geplaas word. Hy is in 2017 gestroop van sy Suid-Afrikaanse burgerskap.