Swapo: Nog ‘n uitdaging op kongres-uitslae soos poliburo aangekondig word

Die nuwe Swapo politburo is tydens ‘n sentrale komitee-vergadering verkies met eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, ministers Frans Kapofi, Iipumbu Shiimi, Anna Nghipondoka en Lucia Witbooi wat die Politburo gehaal het. Ander hooggeplaastes was nie so gelukkig nie, soos onder meer omgewingsminister en vise-presidentskandidaat van Swapo Pohamba Shifeta, asook die meer omstrede Katrina Hanse-Himarwa  en dr. Tobie Aupindi. Die nuwe voorsittende beampte Fillemon Wise Immanuel het die verkiesings vry en regverdig verklaar. Maar die chaos blyk om voort te duur. Een van die kandidate vir die adjunksekretaris posisie, Evelyn Nawases-Taeyele, eis dat die uitslae vir die oortellery vir die posisie, nietig verklaar word. Sy het die eis deur haar prokureurs Metcalfe Beukes Prokureurs gestel.