Wakudumo beskuldig van stambondigheid

‘n Groep in die Kavango Oos-streek wat sê hulle verteenwoordig die Va-Nyemba-sprekende mense van Namibië het ‘n kennisgewing van ‘n vreedsame betoging aan die goewerneur Bonifatius Wakudumo oorhandig. Hulle blameer hom vir die nasionale uitsaaier se versuim om ‘n progam in die taal uit te saai en meen hy diskrimineer teen die stam. Sy prokureur, Richard Metcalfe sê sy kliënt sal geen petisie ontvang nie en sal ook nie die groep ontmoet nie. Metcalfe sê Wakudumo sal hul skriftelike klagtes sowel as skriftelike omverskoning teen 18 November ontvang.