Begroting: Alles is nie rooskleurig nie, daar’s daardie skuld

Ekonome meen die Swapo-regering se langtermyn inkomste-staat bly onseker ten spyte van die goeie inkomste wat ingesamel is sedert Februarie. Daar is kommer oor wat beskryf word as die verskriklike realiteit van die land se hoë skuldvlakke. Ruusa Nandago van FNB sê dat die gebruik van die inkomste om die ekonomiese krisis te demp, verwelkom word maar, daar is steeds die skuldvlakke. Tans beloop die regering se skuld 138,4 miljard Namibiese dollar, amper 70 persent van die BBP en die koste om daardie skuld te diens oorskry die 10 persent drempel van volhoubaarheid.