Wagte van Onbanja Security Services op Keetmanshoop hou protes-optog

Sekuriteitswagte van Ombanja Security Services op Keetmanshoop het ‘n protes-optog op die Suide-dorp gehou weens beweerde wanbetaling van hul salarisse. Hulle beweer sommige van hulle het vir die afgelope vyf maande nie hul salarisse ontvang nie. Hulle sê hulle weier om na hul wagposte uitgeplaas te word voordat hulle hul salarisse ten volle ontvang het.