Wagner se uitdagings kan moontlik voordeel vir Oekraïne inhou

Die chaos wat op die oomblik woed in die Russiese huursoldaatmaatskappy Wagner, kan moontlik voordele vir die Oekraïne inhou. Dit is onbekend hoeveel soldate na Belarus sal verhuis, wat nuwe kommer vir Navo-lande bied, en hoeveel by die Russiese weermag sal aansluit. Daar is ook sommiges wat moontlik sal aftree. Dit kom na die mislukte opstand die naweek en die banneling van die hoof, Yevgeny Prigozhin na Belarus. Die Oekraïnse minister van buitelandse sake Dmytro Kuleba het met die media gepraat.