Cyril woon SACU-vergadering by

President Cyril Ramaphosa gaan die Suider-Afrikaanse Doeane-unie se agtste beraad van staatshoofde en regerings bywoon, wat hierdie week in Eswatini plaasvind. Die raad van ministers sal vandag, voor die beraad, byeenkom om inligting te verskaf oor die inwerkingstelling van die unie se strategiese plan vir 2022 tot 2027. Die vergadering dien as ‘n geleentheid om vordering en uitdagings na te gaan en strategieë te belyn om die doelwitte te bereik wat in die plan uiteengesit is. Die unie bestaan uit Suid-Afrika, Eswatini, Botswana, Lesotho en Namibië.