Meghan is nie vreeslike talentvolle aktrise nie

‘n Voorste Hollywood-agent het prins Harry se vrou, Meghan, beskryf as iemand sonder veel talent. Die hoof van United-talentagentskap, Jeremy Zimmer, het reageer op die nuus dat Meghan se aanlyn program op Spotify, Archetypes, laat vaar is nadat die transaksie van miljoene slegs 12 episodes opgelewer het. Zimmer stem saam met die uitvoerende hoof van Spotify, Bill Simmons, wat die koninklike egpaar as “swendelaars” beskryf het. Zimmer het tydens ‘n bespreking op die Cannes Lions-advertensiefees in Frankryk gesê die gewese aktrise is skynbaar nie ‘n groot klank-talent, of enige soort talent nie.