Waarskuwing oor geomagnetiese storm wat tot môre kan duur

Aardbewoners word gewaarsku om ‘n geomagnetiese storm te wagte te wees, omdat die planeet vandag deur ‘n reuse-sonvlam getref word en tot môre kan duur. Die waarskuwing is deur die Amerikaanse Nasionale Oseaan- en Atmosferiese Administrie uitgereik. Kragnetwerke en satelliete kan glo probleme gee. Die aurora borealis kan straks sover suid as Skotland, die noorde van Engeland, Noord-Ierland, en New York gesien word.