Oostelike ingang na Post Street Mall vanaf 18 Oktober tot 12 Desember toe

Stad Windhoek lig die publiek in dat die oostelike ingang van Post Street Mall vanaf 18 Otober tot 12 Desember gesluit sal wees vir ontwikkelingsopgradering. Stad Windhoek sê dit wil hiermee weer die lewenskragtigheid van die middestad herstel. ‘n Voetgangerpaadjie om meer kliënte te lok, is deel van die opgradering. Parkering aan die oostelike kant sal egter nie tydens hierdie tydperk beskikbaar wees nie en ‘n valhek sal geïnstalleer word.