Waarnemende bosboudirekteur gee oorsake van veldbrande

Namibië ervaar tans verwoestende veldbrande wat mense- en dierelewens, weiding, eiendom en infrastruktuur eis en dit het ook ‘n impak op die toerisme-sektor. Veldbrande word van al die uithoeke van die land gerapporteer. Fillemon Kayofa, die waarnemende bosboudirekteur in die omgewingsministerie, deel van die oorsake van die verwoestende veldbrande.