Groen Klimaatsfonds akkrediteer die Omgewingsbeleggingsfonds vir nóg vyf jaar

Die Groen Klimaatsfonds het die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, weer vir ‘n verdere vyf jaar tydperk geakkrediteer. Dit volg nadat die aanvanklike akkreditasie van vyf jaar in Junie verval het. Die aankondiging van die Groen Klimaatsfonds se raad tydens hul virtuele beraad gemaak. Die kommunikasiebestuurder van die EIF, Lot Ndamanomhata, sê aan Kosmos 94.1 Nuus befondsing van 1,2 miljard Namibiese dollar is vir projekte goedgekeur wat klimaatsverandering beveg.