Namibië se damme gesamentlik 78,3% vol

Namibië se damvlakke staan tans gesamentlik op 78,3 persent in vergelyking met verlede seisoen se 25,5 persent. Volgens die NamWater se dambulletin het 3,187 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam verdamp en 2,5 miljoen kubieke water is uit die Hardapdam onttrek. Die twee Suidedamme se vlakke staan nou op onderskeidelik 95,4 persent en 55,9 persent. Die sentrale streek se damvlakke is gesamentlik 71,2 persent vol en Gobabis s’n 32 persent.