Waarde moet toegevoeg word op mynbou-produkte

Namibiese ekonome is dit eens dat waarde aan Namibië se mynbou-produkte toegevoeg moet word voor uitvoere. Dit is reeds jarelank ‘n uitdaging met die verskeie bronne wat in die land ontgin word, wat onverwerk die land verlaat. Dit volg op die nuus dat Namport onlangs aangekondig het dat hy tot dusver vanjaar 25 000 ton litium-erts na China uitgevoer het met ‘n bykomende 50 000 ton wat na verwagting later hier die maand verskeep sal word. Die erts word ook deur die Chinese maatskappy wat dit in China gebruik, plaaslik ontgin. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm, gee sy mening in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.