DA se mosie van wantroue teen Makhura in Oktober

Die DA in Gauteng het die programkomitee se besluit verwelkom dat die DA se mosie van wantroue teen die premier, David Makhura, volgende maand in Gauteng se provinsiale wetgewer gedebatteer sal word. Die party sê dit is ‘n stap in die regte rigting, omdat die ANC misluk het met sy pogings om die mosie te ontduik. Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, sê die party is nie verbaas dat die ANC skielik ‘n ander deuntjie sing nie, want hulle wil Makhura ook uit hê: