Stormers behaal bonuspunt-oorwinning teen Connacht

Die Stormers, wat hulle Verenigde Rugbykampioenskapstitel verdedig, het gister ‘n bonuspunt-oorwinning van 38-15 teen Connacht op Stellenbosch behaal. Bandee Aki se rooikaart in die tweede helfte het die Stormers toegelaat om hulle aanvallende ritme te vind. Dit het gelyk of die gashere Connacht in die eerste helfte gaan oorrompel na Evan Roos aan hulle ‘n voorsprong van 13-3 gegee het. Connacht het teruggeslaan om die telling teen rustyd 13-8 te maak. Connacht het laat in die tweede helfte wel ‘n drie gedruk, maar die Stormers het op die nippertjie weer punte aangeteken om ‘n waardevolle bonuspunt te verdien.