Waar is die lente heen?

Namibiërs het skaars die lente in September beleef, toe styg temperature tot bo 30 grade in Windhoek. Dit voel of die somer reeds hier is en daar is selfs wolke in die lug. Odilo Kgobetse van die Windhoekse weerkantoor sê aan Kosmos 94.1 Nuus temperature is besig om te styg weens ‘n hoëdrukstelsel.