Komponis van eerste Namibiese opera nooi publiek uit na opvoering

Die komponis en dirigent van Namibië se eerste opera ooit, Eslon Hindundu, nooi almal uit na die opera wat Vrydag en Saterdag by die Nasionale Teater van Namibië in Windhoek opgevoer sal word. Die opera sal deur die Vox Vitae Sangers wat bestaan uit jong Namibiese musikante, asook internasionale operasangers van Duitsland en Suid-Afrika opvoer word. Die opera is getiteld, Chief Hijangua, en word opgevoer in Otjiherero en Duits. Hindundu deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.