Tradisonele geneser met luislangvel uit op borgtog

Die 45-jarige tradisionele geneser wat by Otjiwarongo in hegtenis geneem is nadat hy na bewering in besit van ‘n gedroogde luislangvel gevind is, is vandag op borgtog van 2 000 Namibiese dollar vrygelaat. Die beskuldigde, Ben Katjihunda, het voor Otjiwarongo-landdros, Karel Muyeghu verskyn op ‘n aanklag van die onwettige besit van beheerde en beskermde wildprodukte. Sy saak is toe tot 1 November uitgestel vir verdere polisie-ondersoek. Aanklaer Toini Amuthitu het die staat in die saak verteenwoordig.