Vyf staatskole, een privaatskool sluit op Okahandja weens pandemie

Vyf staatskole en een privaatskool van Okahandja is weens die Covid-pandemie onder onderwysers, skoolhoofde en leerders gesluit. Berg-op Akademie se laer- en hoërskool is gesluit en heropen eers weer op 21 Junie. Die onderwysstreeksdirekteur van Otjozondjupa, Josephine Mutenda, sê die geraakte skole is Vyf Rand, Aurora en Okahandja primêre skole, KW von Marees Gekombineerde Skool en JG van der Wath Senior Sekondere Skool. Volgens Mutenda sal die skole weer volgende Maandag of Dinsdag heropen.