Roosboom vir Prins Philip geplant

Koningin Elizabeth het ‘n nuut-gekweekte roosboom wat na Prins Philip vernoem is, in ‘n gedenktuin by Windsor-kasteel laat plant. Prins Philip sou gister 100 jaar oud gewees het. Die nuwe roos se naam is Hertog van Edinburg.