SA vervaardigingsproduksie styg

Suid-Afrikaanse vervaardigingsproduksie het in April 2021 op ‘n jaargrondslag met 87,9 persent gestyg. Dit lyk miskien na ‘n merkwaardige groeikoers, maar dit kom van ‘n relatiewe lae basis af wat in April 2020 aangeteken is, toe die produksie beperk is weens die nasionale inperking. Nicolai Claassen, direkteur van bedryfstatistiek, gee ‘n kort oorsig van die nuutste vervaardigingsyfers.