Vyf Namibiese burgerlike organisasies baat by EU

Die Europese Unie ondersteun die Nasionale Beplanningskommissie met 437 miljoen Namibiese dollar met die fondse wat vir vroeë kinder-opvoeding, bestuur en geslags-programme gaan. Die Europese Kommissaris vir Internasionale Vennootskap, Jutta Urpilainen, het ook verteenwoordigers van die Namibiese Burgerlike Samelewing by die EU se afvaardiging na Namibië verwelkom om die EU se volgehoue ondersteuning van dié organisasies in die land te beklemtoon. Onder die Global Europe-program sal vyf Namibiese burgerlike organisasies toelae van 32,4 miljoen dollar ontvang om hul werk voort te sit. Die adjunk-ambassadeur van die EU in Namibië, Gosia Lachut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.