Drie Namibiese damme kry invloei

Ná die goeie reënval het drie Namibiese damme invloei gehad, naamlik die Swakoppoort, Omatako en Hardapdam. Die Swakoppoort het invloei van 0,512 miljoen kubieke meter water teen 5,1 kubieke meter per sekonde gehad. Die dam se vlak het sedert Maandag van 73,8 persent tot 76 persent vandag gestyg. Die byna leë Omatakodam het ook invloei van 0,354 miljoen kubieke meter water teen 4,1 kubieke meter per sekonde gehad, met die dam wat nou 2,2 persent vol is. Die Hardapdam by Mariental het invloei van 13,1 kubieke meter water per sekonde gehad en is nou 47 persent vol.