Suid-Afrikaners moet finansies beter bestuur

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandag weer die terugkoopkoers verhoog en Suid-Afrikaners word aangemoedig om ‘n kultuur van begroting te beoefen. Dit volg namate inflasie in sommige sektore, insluitend die voedselsektor, aanhoudend styg. Die stigter van Esteemed Financial Solutions, Nonhlanhla Nxele, sê verbruikers kan deur die terugkoopkoers-verhoging geraak word en moet maniere begin vind om hul finansies beter te bestuur sonder om skuld te maak.