Vyf mense dood, een gewond in skietvoorval in Toronto

Vyf mense is dood en een gewond in ‘n skietvoorval in ‘n voorstad van die Kanadese stad Toronto. Die man wat op hulle losgebrand het, is ook dood na ‘n skietgeveg met wetstoepassers. Die polisie sê die voorval het in ‘n woonstelgebou plaasgevind. Die verdagte het vermoedelik op sy eie opgetree. Die polisie probeer vasstel of daar ‘n verband tussen die slagoffers en die verdagte is.