Berugte Mexikaanse tronk vernoem boog na Nelson Mandela

Een van Mexiko se berugste tronke is in ‘n toeriste-trekpleister omskep. Dit is die naweek geopen en word as ‘n omgewingsaantreklikheid beskryf en ‘n plek vir mense wat van geskiedenis hou. Die opgeknapte eiland met gastehuise, ‘n restaurant, ‘n kafee en strande, beskik ook oor ‘n boog wat na Nelson Mandela vernoem is. Die eiland is in 1905 onder die diktator Porfirio Diaz in ‘n tronk omskep. Die Mexikaanse vloot gaan dit bestuur en dit is deel van die beskermde Unesco biosfeer-gebied.