Vier mans, drie vroue lei ANC

President Cyril Ramaphosa is herkies om die ANC nog vyf jaar te lei. Hy het die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize met ʼn groter verskil geklop as wat die afgelope dae verwag is. Die waarnemende sekretaris-generaal, Paul Mashatile, is tot adjunkpresident verkies, bo die minister van justisie, Ronald Lamola en die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane. Gwede Mantashe is tot voorsitter herkies. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula is die nuwe sekretaris-generaal. Dr. Gwen Ramokgopa is tot tesourier-generaal verkies, Novula Mokonyane is die eerste adjunk-sekretaris-generaal en Maropene Ramokgopa die tweede adjunk-sekretaris-generaal.