Vyf meisies, tussen 7 en 14, die naweek verkrag

Vyf minderjarige meisies is oor die naweek in Namibië verkrag. Volgens die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie, is ‘n 14-jarige op Groot Aub deur ‘n 46-jarige verdagte verkrag terwyl ‘n meisie van 13 op Outjo deur 42-jarige man verkrag is. Op Omuthiya was die slagoffer sewe jaar oud en die verdagte 20, en ook op Omuthiya het twee verdagtes, 20 en 21 jaar oud, ‘n 11-jarige meisie verkrag. Op Wavisbaai het die polisie ‘n moordsaak geopen na ‘n vermoorde baba se lyk by die stortingsterrein gevind is. Die polisie sê die geslag van die kind kan nie bepaal word nie omdat die oorskot so erg ontbind is maar, dat dit duidelik is dat die pasgebore baba vermoor is.