Tamson is terug in die hof vandag

Fishrot-verdagte en voormalige hoof van Fishcor, Tamson Hatuikulipi se borgtogaansoek duur vandag voor regter David Munsu in die Windhoek-hoërhof voort. Munsu het die saak op 1 September tot vandag toe uitgestel. Die aansoek, wat reeds ‘n geruime tyd sloer, word gekenmerk deur Hatuikulipi se weiering om vrae van die staatsadvokaat Ezekiel Iipinge te beantwoord, of hy sê eenvoudig hy weet nie.