Vyf in Limpopo vas na 2 renosterkoeie gestroop is

Vyf verdagtes is vir die besit van renosterhoring aangekeer in die Leyden-nedersetting buite Mokopane in Limpopo. Die polisie-woordvoerder, Malesela Ledwaba, sê twee renosterkoeie is by ‘n plaaslike wildplaas ontdek. Hulle is doodgeskiet en hul horings is verwyder. Ledwaba sê die verdagtes, tussen 25 en 40 jaar oud, sal na verwagting môre in die Mokopane-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook stropery: