Kenner sê Putin sal toenemend ‘uitreik’ na Weste

Russiese President Vladimir Putin het laat deurskemer hy is oop vir meer gevangene-uitruiling met die VSA, nadat Rusland die Amerikaanse basketbal-ster Brittney Griner vrygelaat het in ruil vir die veroordeelde Russiese wapenhandelaar Viktor Bout. Putin het gesê ‘alles is op die tafel’ en het gewys op ‘kompromieë’ wat in die verlede gevind is. Hy sê dit is die resultaat van onderhandelinge en die soeke na kompromieë. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke analis sê aan Kosmos 94.1 Nuus Putin sal toenemend met die VSA en Weste diplomatieke onderhandelinge wil voer.