Reuse-brand in suide van Taiwan eis 46 menselewens

‘n Reuse-brand in ‘n handels- en woongebou in Kaohsiung in die suide van Taiwan het tot dusver die lewe van minstens 46 mense geëis. Dosyne mense is beseer nadat die brand in die vroeë oggendure uitgebreek het. Altesaam 139 brandweerwaens en ambulanse, sowel as 375 reddingswerkers is na die toneel gestuur. Teen die middaguur in Taiwan is minstens 62 mense gered. Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie.