Vulstasie-handelaars in die Noorde moedeloos oor brandstofsmokkelary

‘n Namibiese vulstasie-eienaar in die Noorde het gereageer op ‘n vermeende brandstofsmous wat vandag in die landdroshof op Ondangwa verskyn het. Die 23-jarige verdagte is in hegtenis geneem met 70 houers van 25 liter onwettige brandstof glo in sy besit. Die gekonfiskeerde petrol word op meer as 30 000 Namibiese dollar beraam. Brandstof-smokkelary vanaf Angola na Namibië is ‘n groot kopseer vir Namibiese vulstasie-eienaars in die Noorde. Vulstasie-eienaar Jafet Nakanue, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die wet is nie aan hul kant nie.