Gevangenes dagvaar Namibiese Korrektiewe Dienste

Die Namibiese Korrektiewe Dienste staar ‘n aantal hofsake in die gesig wat die instelling miljoene aan belastingbetalersgeld kan kos. Desmond Doeseb, wat in die Oluno-korrektiewe fasiliteit opgesluit is, het die minister, dr. Albert Kawana, en die hoof van korrektiewe dienste, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, hof toe gesleep. Doeseb beweer dat hy vir ses maande in isolasie in aanhouding geplaas is en eis twee miljoen Namibiese dollar. Laurentius Skeyer, ‘n oortreder wat in die Hardap-korrektiewe fasiliteit by Mariental gehuisves word, dagvaar ook korrektiewe dienste en die minister vir 400 000 dollar. Skeyer beweer dat hy gemartel is. Sam Shaalulange, adjunkkommissaris-generaal van die dienste, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Shaalulange sê dit is truuks wat deur misdadigers gebruik word om geld van die regering te kry.